Ons het ’n brief van Wayne Jacobs, ’n leser, ontvang waarin hy vertel hoe die paaie in die Pilanesberg- nasionale park agteruitgegaan het. Dit is al baie jare ’n gewilde bestemming vir kampeerders, want hier gaan jy 9 uit die 10 keer die Groot 5 sien.
Die afgelope 16 jaar het ons nie minder nie as vier keer in dié lieflike reservaat gekamp en oor ons ervaring geskryf.
Die eerste besoek was in 2006, en die inleiding van die artikel som dinge goed op: “Pak jou goed en haak jou veldwa. Kom kyk hoekom is kampeerders en slepers so gaande oor die Pilanesberg.”