book-icon Uitgawe Julie 2020

Die woud en modder van die Rwenzori

akkreditasie
 Op ’n staptog in die Rwenzoriberg- nasionale park is modder, humiditeit en hoogte bo seevlak ’n uitdaging. Die plankiespaaie op plekke bied verligting vir moeë bene. Die plankies word ná elke jaar se sneeuseisoen herstel.

Ons was so opgewonde soos vyf skoolmeisies toe die vliegtuig op 14 Desember verlede jaar by Uganda se Entebbe- internasionale lughawe land.

Dié opwinding word egter effens gedemp deur die lughawe se Wi-Fi wat nie werk nie en ons hotel se bussie wat nêrens te sien is nie... Uiteindelik by die hotel hoor ons ons moet laat weet wanneer ons wil stort, want die geiser moet ’n uur voor die tyd aangeskakel word.

Almal was egter vriendelik en die volgende oggend smul ons aan vars vrugte, effe soet brood en lekker plaaslike tee. (Laasgenoemde word gou ’n gunsteling – en ons familielede sou dié Kersfees almal ’n boksie Ugandese tee onder die boom kry!)

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan