Reeds met die intrapslag in die Kogelberg-natuurreservaat lê daai skuinste netjies voor jou.
Maar moenie dat dit jou ontmoedig nie, want rondom jou is die fynbos vrolik!
Die roete swenk links van die tweespoorpad af wat agter Kaapse Natuurbewaring se ontvangskantoor verbyloop.