Die skerp fluit van ’n gewone willie klink op. Ek kyk rond. Rondom my reik die bome sonwaarts.
Al met die voetpad langs kabbel ’n stroompie en die lug is swaar en vogtig.
’n Skielike flits van rooi vang my oog. Wat was dit? Ek tree uit die paadjie om die helderrooi streep tot by ’n mingerhoutboom te volg.