book-icon Uitgawe April-Mei 2022

Stap hier: Wandel saam met wild op Tomjachu

akkreditasie
Brian se uitkykpunt (Zebrahoogtes-sirkelroete)
Brian se uitkykpunt (Zebrahoogtes-sirkelroete)

Die Tomjachu Bush Retreat is ’n gunsteling onder Laeveldse stappers.

Die naam is ’n samevoeging van die drie Fillery- broers – Tom, Jack en Hugo – se name. Hulle grootouers, Gordon en Vikki, het dié stuk grond in 1985 aangeskaf. Dié 550 ha strek oor grasveld, bosveld en berge en die meeste van die uitgemerkte roetes oor die verskillende terreine kan ook met ’n bergfiets gery word.

Soos jy kan raai, loop hier heelwat wild. “Ja, jy sal dalk die kameelperde sien, en blesbok, blouwildebees, koedoe, vlakvark, rooibok, bosbok... ook muskeljaatkatte en rooijakkalse,” vertel die bestuurder, Jay-Dean Sloane.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan