Toe die lus hulle beetpak om na die noorde van Namibië te toer het Jeannie en Henri Venter van Halfmanshof buite Porterville nie op hulle laat wag nie.
Hulle het op die internet rondgekrap en uiteindelik besluit om saam met Live the Journey na die konsessiegebied in die Skedelkus en Kaokoland te reis. Hulle het ’n jaar voor die tyd hulle plek op die toer bespreek, maar die toerdatums het in die skoolkwartaal geval. Jeannie en Henri besluit toe dis ’n goeie plan om ’n slag sonder die kinders vakansie te hou. Gelukkig is daar oumas en oupas wat meer as bereid was om te help met die kinders se besige skoolprogram. Jeannie vertel...
Die beplanning vir die Live the Journey-toer raak só lekker dat ons uiteindelik ’n toer van drie weke rondom dit beplan.