book-icon Uitgawe september 2018

Goed, beter, Botrivier

akkreditasie
Van die Arcangeli-wynplaas af, reg langs die N2 op pad na Caledon, kry ’n mens vroegoggend ’n??mooi uitsig oor die dorp en omliggende vallei.
Van die Arcangeli-wynplaas af, reg langs die N2 op pad na Caledon, kry ’n mens vroegoggend ’n??mooi uitsig oor die dorp en omliggende vallei.

"Laat ek jou vertel hoe dit hier werk,” gesels Marelize Swart, bestuurder van die Botrivier Hotel, waar ons in die dameskroeg met ’n koppie koffie sit. “Dis ’n piepklein plekkie, mense dink hier gaan boggherol aan as hulle hier deurry. Dan sien hulle hier’s lewe op die hotel se stoep. Dan ontmoet hulle die locals. En dan,” knipoog sy, “koop hulle grond hier.”

Daar’s inderdaad niks bot aan dié dorpie nie. Botrivier kry sy naam van die oorspronklike Botterrivier wat hierlangs loop, so gedoop in toeka se dae deur Hollandse setlaars wat botter geruil het by die Khoiveeboere.

Vandag lê die dorpie en sluimer tussen die laslappies canola-landerye en wingerde wat so eie aan die Overberg is. En hy’s ryk aan hartlike karakters. Ryk en lekker.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan