Die Kaia is 6 km buite Somerset-Oos en lê teen die Klein-Visrivier wat in die rigting van Gqeberha afsit na die Indiese Oseaan.
Die kampplek behoort aan Festha Erasmus en vorm deel van haar en haar man, Danie, se plaas, Grootplaas.
Vyftien jaar gelede was hier niks nie, sê Festha, maar hulle het ’n piekniekplek buite die dorp gesoek waar mense kan ontspan.