book-icon Uitgawe Februarie-Maart 2023
Deel

Hoedspruit: ’n Wildliefhebber se droom

akkreditasie

As jy gedink het Hoedspruit is ’n warm Traeveld-slaapdorpie, is jy reg oor een ding: Hier raak dit déksels warm! Maar jou vooropgestelde idees sal soos botter in die somer smelt wanneer jy dié uithangplek van wild én wildliefhebbers beter leer ken.

Hoedspruit het sy naam te danke aan ene Dawid Johannes Joubert, die eerste eienaar van die stuk grond tussen Zandspruit en die Blyderivier, wat – inderdaad! – sy hoed in ’n stroom verloor het. In 1844 het ’n kitsvloed die boer en sy breërand van mekaar geskei, toe noem hy sy plaas na dié stukkie teëspoed.

In die daaropvolgende honderd jaar het hier nie veel verander nie totdat ekstra haltes gebou moes word vanweë die toename in die aantal passasiers op die Selati-treinspoor tussen Tzaneen en Komatipoort. Die owerhede besluit toe dat een van die nuwe stasies op die Hoedspruit-plaas moet wees.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan