Ek het as ’n kaalvoet rabbedoe op ’n plaas in die Laeveld grootgeword en vir my was bome nog altyd meer as net ’n koeltekol.
Ons plaashuis het aan die voet van ’n berg aan die buitewyke van Mbombela gestaan.
Voor die statige stoep het ’n grasperk groot genoeg vir ’n krieketwedstryd uitgestrek met ’n kapokboom wat perfek gewortel as paaltjies gedien het.