Die vrolike, bekende geklets van ’n swartoogtiptol in die boom agter my laat my vir ’n oomblik dink aan hoe lekker dit is om soms net in ’n tuin vol geveerde vriende te sit.
Maar dan, verder weg, hoor ek ’n bloukuifloerie roep en later ’n gewone boskraai se gehuil. Hierdie plek is geen voorstedelike tuin nie – dit is iets veel wilder.
Ek het laatmiddag uit die Ntshondwe-ruskamp gery en omtrent dadelik links gedraai op die Nghubu-sirkelpad.