Jy en jou ander helfte het nog altyd die buitelewe op julle eie geniet, maar nou het die pienkvoet opgedaag en dis net ’n kwessie van tyd voor julle dié klein bondeltjie vreugde aan die wonder van die natuur wil bekend stel.
As jy jou kleinding van vroeg af gewoond wil maak aan kamp, is dit ’n goeie plan om ’n paar van hierdie dinge saam te ry, ongeag of dit ’n pasgebore baba of ’n peuter is.
Jy moet natuurlik baie versigtig wees waar jy jou klein babatjie neersit om te speel. Die beste raad is om hulle besig te hou: Op dié speelmat met sy oerwoudtema is daar verwyderbare speelgoed wat van die boog bo die kleintjie se kop hang. Hulle sal nie net lekker besig bly nie, maar in die proses sommer ook hulle oog-handkoördinasie verbeter.