book-icon Uitgawe April 2018

Klowe vol stories

akkreditasie
Die Knysnabos is koel, selfs op snikhete dae. Varings groei plek-plek skouerhoogte terwyl geelhoutbome hoog bo jou uittroon.
Die Knysnabos is koel, selfs op snikhete dae. Varings groei plek-plek skouerhoogte terwyl geelhoutbome hoog bo jou uittroon.

Wanneer jy op satellietkaarte of lugfoto’s van die Suid-Kaap kyk, is die omgewing tussen die Outeniquaberg en die Indiese Oseaan donkergroen, met diep klowe vol ongediertes. ’n Paar kilometer noordoos van die koel klowe van dié berg strek lang valleie uit soos ’n lui hond op ’n stoep – hierdie warmgebakte valleie van die Langkloof en die Baviaanskloof is vol klippe en aalwyne.

Vir die volgende ses dae toer ons saam met ’n Mpafa-groep van die kusdorpie Buffelsbaai deur die Knysnawoud en die Outeniqua-, Kammanassie-, Baviaans-, en Grootwinterhoekberg. Ons ry deur ’n landskap waar groen, bruin en die blou van die see die oorwegende kleure is, en stories aan die orde van die dag.

Hier ís olifante. Ons het pas stilgehou by die Diepwalle-bosboustasie, sowat 20 km noord-oos van Knysna, in die Knysnadeel van die Tuinroete- nasionale park. Die veldwagters het gister op vars olifantmis afgekom, sommer hier teenaan die pad, skaars ’n kilometer van die bosboustasie af.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan