Kruip en klouter tot by die Wolfbergboog

akkreditasie

Die laaste keer toe ek só na die agterkant van my pa se pers rugsak gestaar het, was voorverlede jaar op die Camino-pelgrimstog in Spanje. En toe – nes nou – het ek geswets oor die gewig van my rugsak.

Ek kon die tent gelos het en in die oopte slaap, maar die lug was koel toe ek gisteraand gepak het. En op die ou einde is die tent in; saam met ’n slaapsak, oprolmatras, gasstofie, warm baadjie, drie bottels water én ’n driepoot.

Ek trek die rugsak se bande stywer vas, vee die sweet van my voorkop af en volg die klipperige paadjie met my oë teen die rantjie uit. Doer bo sien ek hoe die dag se eerste sonstrale oor die silhoeët van die Wolfbergskeure breek.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan