Leser vertel: Toer die Himalajas met 'n Royal Enfield

akkreditasie

’n Kort man kyk in die lughawe se ontvangssaal rond. In sy hand is ’n stuk papier waarop staan “Motor bike tour”. Dis vir ons wat hy soek, en ek is verlig om te sien ons het toe darem die afgelope ses maande met regte mense gekorrespondeer – op pad hierheen het almal heimlik gewonder of ons in Nieu-Delhi voor dooiemansdeur gaan beland. Maar hier is Moodly nou, en buite wag twee taxi’s om ons Shimla toe te neem.

Moodly werk vir Anu, ’n werktuigkundige van die dorpie Manali deur wie ons die motorfietstoer gereël het. Vir omtrent R1 500 elk per dag (Let wel: Hierdie artikel het oorspronklik in 2013 verskyn) kry ons ’n motorfiets, brandstof, kos, blyplek (in tente of eenvoudige hotelle) en die nodige permitte.

Ons droom al ’n jaar van dié reis deur Noord-Indië, en dit het ses maande geneem om die roete deur Indië se twee noordelikste provinsies – Jammu en Kasjmir en Himachal Pradesj – haarfyn te beplan. Gidsboeke oor die streke waarheen ons op pad is, is maar skaars, en ons moes grotendeels op kaarte en Google Earth staatmaak. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan