Die Maletsunyane-waterval! Hoe lank droom ek nie al daarvan om by dié waterval te staan nie!
In 1973 het my oorlede man, Ian, en ’n paar van sy Bergklubpêlle van Qachasnek verby hierdie manjifieke waterval na Maseru gestap. Hulle vertellings het my begeester. Nou staan ek hier bo die ravyn, met die hoë waterval wat donderend na onder stort.
Langs die waterval abseil ’n paar dapperes na onder. Ek sien dassies, ’n Kaapse kliplyster, ’n kransvalk en ’n lammergeier; rooivlerkspreeus en swaels swiep verby.