book-icon Uitgawe Oktober 2018

Lesersbriewe: Wonderlike mense

akkreditasie
Planne word gemaak.
Planne word gemaak.

Ons was twee voertuie, maar tussen Opuwo en die Marble-kamp het sake skeef geloop. Die stuurarm van die een het gebreek – die bout wat die storie aan mekaar hou, het uitgeval. Ons is gelukkig om die bout so 10 treë terug in die pad op te tel, maar die skroefdraad is daarmee heen en ons kan hom nie meer vasdraai nie.

Gelukkig kry ons ’n plan gemaak en bind die twee kante waar die bout gepas het, met ’n ski-tou aanmekaar vas. Ons ry verder en trek elke nou en dan af om seker te maak die tou bly styfgespan. Die drama langs die pad het ons teruggehou en ons kom eers laat by die Marble-kamp aan, die plek waar ons oornag.

Die kamp is egter vol, maar een van die kampeerders is bereid om hulle staanplek te deel. Die mense was só vriendelik hulle het selfs hulle braaivuur vir ons aangebied.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan