book-icon Uitgawe April 2018

Lig jou duim vir Uniondale!

akkreditasie
In die 1850’s was Uniondale twee “dorpies” wat op aangrensende plase uitgemeet is – Lyon en Hopedale. Die inwoners se behoefte aan ’n eie NG gemeente het dié twee onder die nuwe naam laat saamsmelt. ’n Paar Engelse forte uit die Anglo-Boereoorlog hou wag op koppies rondom die dorp. Die een aan die suidekant is gerestoureer en jy kan tot by hom ry.

Blommetjie gedenk aan my, en sy lig haar duim na bo. Blommetjie gedenk aan my, sing die spook van die Klein-Karoo!” Dié liedjie bly draal in my kop terwyl ek deur Uniondale se strate stap. Dat dit nou wraggies ’n ryloperspook moes wees wat dié plekkie op die map geplaas het. Maar tot nou toe het niks my nekhare laat rys nie.

Hier’s geskiedkundige huisies met pampoene op die dak, leiwatervore, bloureënoortrekte heinings en dennelanings.

In van die agterplase sien jy nog vee wei, of ’n donkie wat hom skuur teen ’n dropper. ’n Man stap ’n spannetjie skaaplammers met ’n tros melkbottels tegemoet. Dis Apools van Wyk, en hy kyk dat dinge reg loop hier op Chris en Dalene Bresler se kleinhoewe. Ek gaan skud blad met die Breslers. Op Chris se oortrektrui pryk die SSK-logo. Hy werk al 20 jaar by die Sentraal-Suid-koöperasie, maar aftrede wink – dan kan hy voltyds aandag aan sy agterplaasboerderytjie gee.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan