Van die Hoëveld af vorm Magoebaskloof een van die poorte tot die Laeveld. Deel van die R71 tussen Haenertsburg en Tzaneen is die bekende Magoebaskloofpas met ’n val van ongeveer 620 m oor 5,5 km.
As ’n mens kyk hoe skilderagtig hierdie wêreld is, verwag jy ewe spesiale kampplekke. Ons kry ons staan by twee van die plekke in die omgewing en kom agter Magoebas is ook meer as net ’n naam: Dit is ’n verhaal van ’n moord ’n eeu gelede – en die opblaas van ikoniese kanonne.
’n Borsbeeld voor die Magoebaskloof-hotel herinner ons vandag aan die oorsprong van die naam, en op Haenertsburg rus die laaste skerwe van ’n fenomenale skietding.