Naweekkamp: Vind bosvreugde in Dinokeng

akkreditasie

Dit bly darem maar opwindend om jou kamp iewers in die bos op te slaan waar daar geen heinings is nie en jy en die diere die veld deel – en dit is soveel beter as die diere af en toe kom inloer. Maar die eerste prys natuurlik is as jy jou in ’n reservaat bevind waar die Groot Vyf rondhang.

By die Dinokeng-Groot Vyf-reservaat is ’n handvol van dié kampplekke – of boskampe – en dis hier waar jy en dier se kind mekaar vierkant in die oë kan kyk.

Soos die kraai vlieg, is die Jabula-boskamp sowat 4 km van die Tau-hek af, en jy begin sommer dadelik ontspan wanneer jy met die kronkelpaadjie deur die ruie veld tot by jou staanplek ry.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan