book-icon Uitgawe Oktober-November 2022
Deel

Ndumo-wildreservaat: ’n Voëlkyker se paradys

akkreditasie
Die gids Joseph Gumede kom aangery met twee gaste op die oewer van Ndumo se Nyamithipan waar talle koorsbome groei en watervoëls graag saamdrom.
Die gids Joseph Gumede kom aangery met twee gaste op die oewer van Ndumo se Nyamithipan waar talle koorsbome groei en watervoëls graag saamdrom.

Laasnag het ’n Afrikaanse naguil sy roep kom tjorrel uit een van die maroelabome wat Ndumo se ruskamp vol staan. Van tyd tot tyd het ’n maroelavrug – met ’n klipharde tok! – op die dak van een van die nabygeleë huisies geval.

Niks hiervan het my wakker gehou nie; inteendeel, dit het my laat glimlag met die wete dat ek vir die eerste keer in meer as tien jaar weer in een van Suid-Afrika se uitsoekplekke is.

Die Ndumo-wildreservaat se unieke geografie en plantegroei maak dit ’n puik habitat vir baie voëlspesies wat gewoonlik net in Mosambiek en verder noord in Afrika gesien word. Dis laagliggend (omtrent 80 m bo seevlak by die ruskamp, en skaars 30 m bo seevlak by Nyamithipan), warm en nát – die jaarlikse reënval is gemiddeld meer as 650 mm.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan