Deel

Negester Klein-Kariba, die Bosveld op sy beste

akkreditasie
Negester Klein-Kariba
Negester Klein-Kariba
Geborg: Negester Klein-Kariba, met sy pragtige Bosveld-fauna en -flora, lê in die Waterberg-biosfeer, 'n UNESCO-wêrelderfenisgebied.

Dié beveiligde en volhoubare leefstyl-landgoed vir vyftigplussers, grens aan die ATKV-Klein-Kariba-vakansieoord naby Bela-Bela.

’n Simfonie vir die sintuie

By Negester Klein-Kariba is die ontwerpstyl van die geboue ’n kontemporêre interpretasie van historiese Laeveldse plaasargitektuur en dit pas mooi in by die omgewing en landboukonteks. Die geboue is ontwerp om ’n lae visuele en fisiese impak op die Bosveld-bioom te hê. Die leefstyl-landgoed beslaan ongeveer 83 ha, met volop oop ruimtes, vier wandelpaadjies en ’n ryk dierelewe wat insluit njalas, rooibokke, talle voëlspesies en vele meer.

Daar is reeds 199 van die voltitel-eiendomme verkoop en 271 erwe is ten volle gediens. Pryse van die voltitel-erwe begin by R386 325 en huisgroottes wissel van ±104 m² tot 250 m². Erfgroottes wissel van 205 m² tot 728 m². Die prys van die erf sluit in: goedgekeurde huisplanne, argiteksfooie en oordragkoste. Vir kopers met ’n fyn oog vir ’n belowende beleggingsgeleentheid, word daar ook duette, skouhuise en intrekgereedpakkette aangebied.

Die leefstyl-landgoed beslaan ongeveer 83 ha, met volop oop ruimtes, vier wandelpaadjies en ’n ryk dierelewe wat insluit njalas, rooibokke, talle voëlspesies en vele meer...

Duette met standaardafwerkings begin by ’n bekostigbare R895 000 en ’n wooneenheid is 77 m² groot. Hierdie eenhede is gerieflik geleë in die leefstyl-landgoed, naby die mediesesorgsentrum, hoofingang en beoogde klubhuis wat ’n veeldoelige saal, biblioteek, haarsalon en sitkamer met dameskroeg gaan insluit. ’n Aktiewe leefstyl word aangemoedig met die beskikbaarheid van net die beste sportgeriewe. Dié geriewe sluit onder meer tennisbane, jukskeibane, ’n swembad en ‘n minigholfbaan in.    

ATKV as gemoedsrus-ontwikkelingsvennoot

Die ATKV-direksie het ongeveer sewe jaar gelede ‘n diversifikasiestrategie aanvaar om onder meer betrokke te raak by die ontwikkeling van leefstylbehuising vir die vyftigplusser-groep. Volgens Schalk Cilliers, ATKV-Sake se besturende direkteur, was dit die ATKV se strategie om ‘n voetspoor van beveiligde leefstylbehuising in Suid-Afrika te vestig. Negester Klein-Kariba en Negester Onrusrivier was die begin van die uitvoering van hierdie strategie.

Negester Klein-Kariba
Negester Klein-Kariba

‘n Toevlugsoord vir sagtesorg

Negester Klein-Kariba spog met ‘n moderne mediesesorgsentrum wat uit vier verswaktesorgeenhede (wat elk 12 beddens kan akkommodeer) bestaan. Tuisversorging word as ‘n standaardopsie aangebied deur Medwell, die mediesesorgdiensverskaffer. Hulle het ook ‘n praktyknommer om in sekere gevalle kostes van mediese fondse namens inwoners te verhaal.

“Dit is ook ons oogmerk om tuisversorging by elke Negester as ‘n standaarddiens aan te bied, asook om moderne en goedtoegeruste sorgsentrums te bou wat aan inwoners se mediese behoeftes kan voldoen en sodoende verdere gemoedsrus te verseker,” sê Cilliers.

Skyn helder!

Die bekende skrywer en digter, DJ Opperman se gedig, Negester en stedelig, het gedien as inspirasie vir die ontwikkeling van die Negester-handelsmerk en slagspreuk, Skyn helder! Die Negester-visie het ook hierop voortgebou, naamlik die ontwikkeling en bestuur van volhoubare, beveiligde en gewaardeerde leefstyl-landgoedere, waar die totale menswees van die vyftigplusser-groep gekoester kan word. 

Vir eiendomsnavrae, besoek Negester Klein-Kariba se webtuiste by www.negester.co.za, of stuur ‘n e-pos na info@negester.co.za of skakel hulle by 014 736 2388.