Die Cooks het vroeg verlede jaar ’n reis deur die land onderneem en ook Namibë vir die eerste keer besoek. Hulle het dit nie toe geweet nie, maar dit was nét voor die Covid-19-inperking. Terrence vertel...
Ons vertrek op Donderdag 6 Februarie 2020, maar kom heelwat later weg as wat ons beplan omdat ons eers by Canvas Safari Tents in Springfield Park moet stilhou vir herstelwerk aan die daktent, wat vir die volgende drie weke ons huis gaan wees. Nelson, die eienaar, help ons binne ’n oogwink, en kort voor lank is ons op die N3.
Ek wil Bloemfontein haal, want ek het plek bespreek by die River of Joy-woonwapark net buite die Rosestad. Ons bereik ons bestemming eers ná 19:00, en net mooi toe ons daar aankom, begin dit reën.