book-icon Uitgawe Junie/Julie 2021

Nottingham Road: ’n Stukkie paradys op die platteland

akkreditasie
’n Mooi uitsig van die Shuttleworth-gesin se plaas af  oor die lande langs die Fort Nottingham-pad.
’n Mooi uitsig van die Shuttleworth-gesin se plaas af oor die lande langs die Fort Nottingham-pad.

Die KwaZulu-Natalse Middelland verander drasties saam met die seisoene. In die winter is die gras doodgeryp. Die dae is vaal, swart brandpaaie skend die landskap en mis draal triestig oor die vallei.

Dan skielik onthou die veld sy potensiaal en lowergroen somer beur baldadig uit die grond. Krismiskewers is óral en donderstorms bring elke dag lafenis.

Soos nou, terwyl ek met die R103 langs na Nottingham Road ry. Al was ek op skool laas op Notties, voel dit snaaks genoeg steeds asof ek nou op pad is na ’n hokkiewedstryd op die buurdorp (ek het op Hilton grootgeword).

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan