Oaksrest is een van daardie kampplekke wat ’n tweestryd by jou ontketen: Jy wil graag vir die wêreld daarvan vertel, maar jy hoop ook diep binne jou dit kan ’n geheim bly. Want jy weet: As jy vir iemand van die juweel vertel, gaan jy kort voor lank nie meer plek kry nie.
Gelukkig sal Oaksrest se drumpel nie deurgetrap word nie, want dis effens uit die pad, tussen Oudtshoorn en Laingsburg. As jy dus hier ’n draai wil maak, is dit omdat jy spesifiek hierheen kom – die pad loop min of meer dood by Oaksrest.
Maar sorg dat jy bespreek, want hier is net vyf staanplekke waarvoor mense moet armdruk.