book-icon Uitgawe April 2020

Oor sand en steen in die Sederberg

akkreditasie

Die Sederberg is een van die beste plekke in die land om weg te kom van mense af. Kagga Kamma spesialiseer duidelik in dié ontsnapping, want hier kry jy opelugkamers en afgesonderde boskampe waar jy stoksielalleen sonder selfoonsein of elektrisiteit onder die sterre slaap. Die 4x4-roete in dié natuurreservaat, wat al meer as 20 jaar bestaan, volg dieselfde resep wanneer dit jou diep in die berge in lei.

Nadat jy jou permit by die ontvangskantoor betaal het, ry jy terug in die rigting van die ingangshek en draai links af by ’n padbord met die nommer 36. Hou reguitaan tot jy nr. 40 kry – hier begin die roete amptelik.

Dit is ’n sirkelroete met verskeie lusse wat noordwaarts loop, en elke kruising is met ’n nommer gemerk. Jy besluit self of jy net ’n vinnige draai wil ry en of jy ’n halwe dag in die veld wil deurbring. Basies is die oostekant van die roete die rustiger deel en die westekant ’n meer uitdagende roete met steil op- en afdraandes en smal draaitjies oor rotsbanke.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan