Antieke wêreldkaarte, soos die Cantino-kaart wat uit 1502 dateer, het nie net fabelagtige kreature soos meerminne uitgebeeld nie, maar ook allerlei fiktiewe plekke.
Europeërs het byvoorbeeld geglo daar’s ’n groot rivier aan die westekant van Suider-Afrika wat van noord na suid loop. Dié denkbeeldige rivier het bekend gestaan as die Vigiti Magna – Latyns vir “groot mag” – en hy’t sy naam gekry lánk voordat ’n wit mens ooit die rivier onder oë gehad het.
Op die oewer van die Vigiti Magna het ’n mitiese goudstad met dieselfde naam blykbaar gestaan.