book-icon Uitgawe November 2018

Oranjemund: Namibië se jongste dorp

akkreditasie

Oranjemund verras ’n mens. Een oomblik ry jy deur ’n duinlandskap sonder einde en die volgende verskyn ’n dorp asof uit die niet. Jy ry verby vier bordjies wat jou teen gemsbokke, volstruise, fietse en wind waarsku (in dié volgorde). Hierdie bordjies is jou eerste leidraad dat dié oase by die monding van die Oranjerivier ’n ongewone plek is.

Oranjemund is in 1936 gestig vir die werkers van die diamantmyne, wat van die riviermonding af al met die kuslyn langs noord gestrek het tot by Lüderitz. Die dorp is deur die mynboureus Namdeb (voorheen Consolidated Diamond Mine) gebou en tot Oktober laasjaar was dit gesluit vir besoekers. Nie-inwoners en familielede moes om ’n besoekerspermit aansoek doen as hulle wou kom kuier.

Op sy hoogtepunt in die jare sewentig was Oranjemund ’n florerende gemeenskap met puik infrastruktuur, geriewe en maatskaplike dienste. Dit het ’n lughawe, kragstasie, fliekteater, teater, jeugklub, openbare swembad, ’n moderne hospitaal, ’n private skool met meer as 500 kinders en meer as 50 sport- en ontspanningsklubs (rolbal, pluimbal, perdry, selfs modelvliegtuigies) gehad. Dit alles vir ’n bevolking van minder as 10 000 mense.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan