book-icon Uitgawe Oktober-November 2022
Deel

Profiel: Verkenners van die Waterberg

akkreditasie
Sonopkoms oor ’n meer met weerkaatsings van bome en berge in die Waterberg. Foto: Galloimages/Gettyimages.com
Sonopkoms oor ’n meer met weerkaatsings van bome en berge in die Waterberg. Foto: Galloimages/Gettyimages.com

Op Michèle se kortmouhemp is ses voëltjies in volkleur geborduur: hoephoep, knysnaloerie, rooikeel-byvreter, kuifkop-visvanger, tarentaal en wat na ’n grootrooibandsuikerbekkie lyk. Wanneer ek ’n opmerking daaroor maak, kyk sy half verbaas na haar hemp – sy dra hierdie hemp duidelik só gereeld dat dit niks vreemds is nie. Ons sit op die groot stoep van hulle huis in die Kokanje-aftreeoord buite Modimolle in Limpopo. Strykdeur ons gesprek hoor ’n mens voëls in die agtergrond. Op die muur agter hulle is ’n plakkaat waarop die voëls wat al in Kokanje opgeteken is, uitgebeeld word.

Twee ander plakkate beeld die aftreeoord se skoenlapperspesies en grassoorte uit. Om hulleself besig te hou, speel Warwick en Michèle, wat al 29 jaar getroud is, wat hulle noem veranda birding. “Die reël is dat jy ten minste een voet op die veranda moet hê wanneer jy die voël sien of hoor, anders tel dit nie,” verduidelik Michèle.

“Soms moet jy hardloop!” voeg Warwick by. “Want as jy iewers in die tuin is en ’n aasvoël kom oorgevlieg, dan moet jy terughol stoep toe en stééds van daar af die aasvoël kan sien, anders mag jy dit nie op die lysie afmerk nie!”

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan