book-icon Uitgawe Junie/Julie 2021

Reisjoernaal: Ontdekkings in Oos-Europa

akkreditasie
Die Peles-kasteel is in die 1800’s gebou as ’n somerblyplek vir die Roemeense koninklike gesin. Binne is die houtwerk besonders en die kasteel se elektrisiteit is deur waterturbines opgewek!
Die Peles-kasteel is in die 1800’s gebou as ’n somerblyplek vir die Roemeense koninklike gesin. Binne is die houtwerk besonders en die kasteel se elektrisiteit is deur waterturbines opgewek!

Van Kroasië af mik ons noord na die piepklein Sloewenië, ’n land so groot soos die Krugerwildtuin. Ons ry deur netjiese Alpynse dorpies waar plantjies kleurryk in die bakke aan die vensterbanke blom.

Ons eerste bestemming is die Postojna-grot waar ’n treintjie besoekers vir 3,7 km op ’n ondergrondse spoor deur die verligte grotsale neem.

Ons sien selfs die beroemde “Baby Dragon” – ’n soort salamander. Dié diertjie word ook ’n “olm” genoem en kan glo tien jaar lank sonder ’n krieseltjie kos oorleef en boonop meer as 100 jaar oud word!

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan