book-icon Uitgawe Oktober-November 2021

Riversdal: Die Suid-Kaap se groen juweel

akkreditasie
Die grondpaaie in die Riversdal-distrik smeek om gery te word. Fietsryers sal dit geniet, en fotograwe ook, want die landskap verander gedurig, en die uitsigte bly besonders. Hierdie foto is op die Klein-Kruisrivierpad geneem, in die rigting van Ibalansi Horse Centre.

Dis Augustus en die landskap rondom Riversdal is so groen soos die girtsgroen bakkie wat voor Suid-Kaap Verf se winkel staan.

Met die ry na dié dorp langs die N2 is die landskap hipnoties. Na die noorde lê die waasblou Langeberg, en na die suide golf die groen koringlande onsigbaar afdraande in Stilbaai en Vermaaklikheid se koers.

Buiten koring, gars en lusern is die ander gewas wat ’n mens maklik kan eien nie groen nie, maar John Deere-geel: kanola.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan