book-icon Uitgawe Februarie-Maart 2022

Roetes wat roep: Paarlberg

akkreditasie

Die Paarlvallei is oorspronklik deur die Cochoqua bewoon, ’n welvarende Khoi-stam wat hoofsaaklik met vee geboer her.

Die Cochoqua het die berg bo hulle vallei !hom !nãb/s – of dan Skilpadberg – genoem, en later, in 1657, het ’n fiskaal van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie, ene Abraham Gabbema, die Skilpadberg tot “de Diamondt en de Peerlberg” herdoop omdat die berg se grootste granietkoepels ná ’n reënbui in die middagson geskitter het.

Peerl, ou Nederlands vir pêrel, sou later Paarl word.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan