Die roete begin by die vakansiedorp Graskop in die Laeveld. Neem Hoofstraat – oftewel die R533-streekpad – uit die dorp in die rigting van Kowynspas en Bosbokrand.
Op Kowynspas ry jy deur ’n galerytonnel – dis ’n soort tonnel waarvan die een kant oop is en die dak deur pilare ondersteun word.
Aan die voet van die pas is ’n platterige vallei wat in der waarheid die vlak suidelike uitloop van die Blydepoort-canyon is – die Blyderivier-canyon se minder dramatiese buurman.