In Amerika besoek meer as 60 miljoen toeriste jaarliks plekke soos stoetboerderye en wynkelders. Na raming verdien sulke bestemmings miljarde dollar uit agri-toerisme. In lande soos Brittanje en Italië maak heelwat boere méér wins uit agritoerisme as uit hulle tradisionele boerdery-aktiwiteite.
In Suid-Afrika is daar nog nie gesaghebbende syfers oor presies hoe groot die plaaslike agritoerismebedryf is nie. Farmstay (farmstay.co.za) bestaan al ’n dekade of drie, maar is nie alombekend in die kampgemeenskap nie. Farmstay lys net meer as 280 plaastuistes reg oor al nege provinsies, en vir die miljoene stedelinge in Gauteng is daar maar ’n skamele 22 opsies beskikbaar.
Daar is egter ’n markgaping vir stokperdjie-boere om ’n inkomste uit hulle naweekbedryf te verhoog en om hulle grondjie te herklassifiseer as een wat ook ’n bydrae tot toerisme maak.