book-icon Uitgawe Desember 2022-Januarie 2023
Deel

Sitrusoewer-rivierkamp: Hengel in vrugbare waters

akkreditasie

Omtrent 90 km stroomop van waar die Sondagsrivier verby die Addo-olifant- nasionale park in die Indiese Oseaan uitmond, kan jy by die Sitrusoewer-rivierkamp afpak. Die kampplek is 8 km buite Kirkwood op die familieplaas van Johan en Anneke Swart.

Vrugte soos lemoene, nartjies, suurlemoene en pomelo’s word op die 70 ha verbou vir die uitvoermark. Toe, 17 jaar gelede, rig Johan-hulle vir hulle ’n kuierplek in langs die rivier. Dis natuurlik nie waar dit gebly het nie... vandag is hier 31 staanplekke waarvan 14 teenaan die oewer lê.

Dit was ook nie die laaste van bome plant nie: Johan het ’n goeie 50 bome aangeplant – inheemse soorte soos kiepersol, witstinkhout, koraal, witysterhout en olienhout. Die kampplek is langwerpig, met die oewer regs van jou soos jy by die hek inry.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan