Dié tonele verwelkom my by Oldeani, die plaas van Gail en Dieter Muhl. Dieter se familie aan sy ouma se kant het destyds ’n koffie-plantasie besit by Oldeani, ’n plekkie naby die Ngorongoro-krater in Tanzanië.
Sy pa se kant van die familie het laat in die 1800’s as Duitse sendelinge na Suid-Afrika gekom. Teen 1920 het sy oupa in die Vryheid-distrik begin boer en vandag is Gail en Dieter se seun, Kelvin, al die vyfde geslag hier.
Al hierdie stories gesels ons rondom die kombuistafel oor ’n koppie koffie. Ek het gisteraand in hulle netjiese selfsorgkothuis oornag.