Ons is al die laaste vyf jaar pensioentrekkers en het die beginselbesluit geneem om rustig te raak en die lewe te geniet – en vir ons beteken dít om gereeld te kamp.
Die Drakensville-oord is fantasties en ons geniet dit baie om hierheen te kom. Ons het sowat 12 jaar gelede die eerste keer kom kuier en was sedertdien al ’n hele paar keer weer hier.
Dit help ook dat dit presies in die middel is tussen Welkom en die Suidkus van Kwazulu- Natal, amper tot op die kilometer.