book-icon Uitgawe Oktober-November 2020

Stap deur waterstrome en woude op ’n Wathaba-roete

akkreditasie
Binne die eerste kilometer op die Lynx-sirkelroete is Hancu Louw verras deur ’n reeks watervalle én uitsigte oor die Skurweberg.
Binne die eerste kilometer op die Lynx-sirkelroete is Hancu Louw verras deur ’n reeks watervalle én uitsigte oor die Skurweberg.

Moenie dat die Skurweberg jou ontmoedig nie. Hierdie deel van Mpumalanga, tussen eManzana (Badplaas) en eNtokozweni (Machadodorp), kan hoogstens as heuwelagtig beskryf word.

Daar is twee sirkelroetes op die Wathaba-plaas – die 4 km lange Bosbok- en die Lynx-roete (10 km). Jy hoef nie vir een van die twee juis topfiks te wees nie. ’n Naweekstap genaamd die Bloutrein loop ook oor ’n aangrensde plaas en kan aan die die Wathaba-roetes gelas word. Stappers kan kies tussen drie basiese stapkampe aan die Schoonspruit of twee selfsorghuisies met effe meer luukshede ’n entjie hoër op teen die berg.

Daar is baie stroompies en fonteine in die omgewing wat die 480 km lange Komatirivier voed. Dié waters eindig in die Vygeboomdam, waarvandaan dit verder oos loop en uiteindelik in Maputobaai in die Indiese Oseaan uitmond.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan