book-icon Uitgawe Maart 2019

Stap saam: Duiwelsbos, Marloth-natuurreservaat

akkreditasie

’n Kort afstand, swemplek, interessante plante en goggas én ’n grand finale! Dít en genoeg versnaperinge is wat jy nodig het om jou kinders gelukkig te hou op ’n staproete.

Die Duiwelsbosroete in die voetheuwels van die Langeberg net buite Swellendam voldoen lag-lag aan dié kriteria. Die roete loop rofweg al langs die Koringlandsrivier (dis meer ’n stroom as ’n rivier) en moes eerder Feetjiesbos geheet het. Eers stap jy deur ’n woud van jong bome – waar suikerbekkies vir ’n vale raas – tot by ’n stel trappies. Dié trappe neem jou dieper die donker woud in totdat jy glad nie meer die son kan sien nie. Grasgroen varings staan styf teen mekaar al langs die paadjie – wys vir die kinders die jong varinkies wat nog moet oopkrul.

Groen mos klou aan die klippe en bome. En plek-plek spruit spierwit aronskelke uit tussen die koel rotse in die stroompie. Wees in die somermaande ook op die uitkyk vir die muishondblaarplant met sy blou blommetjies – só genoem omdat die blare ’n skerp reuk het.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan