Die Gifberg-vakansieplaas lê in die berge naby Vanrhynsdorp en het ’n netwerk van stappaadjies waarop ’n mens die natuurlike landskap, ongewone plantegroei en rotskuns van hierdie suidelike hoekie van Namakwaland kan sien.
Die plaas het 30 rotskunskolle, waarvan gaste 7 kan besoek. Die langste en interessantste is die Boesmanroete – ’n 21 km-sirkelroete waarlangs jy drie rotskunskolle kan sien op pad na die Doringrivier.
Die paadjie begin by die koffiewinkel en loop verby ’n dam wat toe is onder waterlelies, en dan ’n sanderige paadjie langs die Gifbergrivier word.