book-icon Uitgawe Desember 2019

Stap saam: Rasperpuntroete, Agulhas

akkreditasie
Jy het sekerlik al ’n foto van die bekende Meisho Maru No. 38-skeepswrak neffens die suidelikste punt in Afrika gesien. Die skip het op 16 November 1982 hier gestrand. Deesdae is net die boeg oor.
Jy het sekerlik al ’n foto van die bekende Meisho Maru No. 38-skeepswrak neffens die suidelikste punt in Afrika gesien. Die skip het op 16 November 1982 hier gestrand. Deesdae is net die boeg oor.

Ek wed jou jy hou al jare lank vakansie op Struisbaai of Agulhas en het nog nooit die Rasperpuntroete gestap nie. Dalk het jy nog nie eens daarvan gehoor nie?

Dié kort roete in die Agulhas- nasionale park is ’n goeie manier om die verskillende dele van die park van sowat 219 km² te verken: Van ’n skeepswrak en verlate baaitjies tot kusfynbos en ’n varswaterfontein neffens die see.

Die roete begin by die bekende Meisho Maru No. 38-skeepswrak waarvan jy al talle foto’s gesien het. Die wrak lê redelik na aan die kus; dus kan jy maklik ’n netjiese foto daarvan met ’n gewone kamera neem.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan