book-icon Uitgawe Maart 200

Stap saam: Redwoods Road, Grootvadersbosch

akkreditasie
Wys vir jou kinders hoe lyk geelhout-, stinkhout-, wildepeer- en rooiels­bome in die magiese woud.
Wys vir jou kinders hoe lyk geelhout-, stinkhout-, wildepeer- en rooiels­bome in die magiese woud.

Jy gaan nie sommer verby die Grootvadersbosch-natuurreservaat ry nie. Dié reservaatjie lê weggesteek in ’n vou van die Langeberg tussen Heidelberg en Barrydale. Hoekom ’n reservaatjie hier in die middel van nêrens? Wel, dié een huisves die laaste stuk inheemse woud in die Langeberg.

Hier’s verskeie paadjies deur hierdie klein woud (net 2,5 km²), maar op die sirkelroete, wat die Redwoods Road en Stinkhoutsirkel insluit, verdwyn jy diep in die bos én kan jy in ’n voëlskuiling hoog bo in die blaredak sit. Stap van die ontvangslokaal af na die woud, draai regs op die tweede tweespoorpad by ’n bordjie waarop staan: “Bushbuck Trail / Redwoods Road / Bird Hide”. Skaars drie treë ná die bordjie swenk ’n paadjie links bos-in. Vat hom. Jy’s eensklaps in die woud, omring deur talle hoë bome. Boekenhout-, geel- en stinkhout, lees jy later op die bordjies by die “Tree identification area”.

Hier’s talle voëlspesies in die reservaat – sowat 190 – maar dis moeilik om hulle te sien – die meeste voëls soek kos hoog in die blaredak.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan