book-icon Uitgawe Mei 2020

Brief uit Knysna

akkreditasie

Ek lyk seker vreemd: ’n Bedremmelde vrou wat in die vlak water rondploeter soos ’n afgetrede krokodil, in net ’n verbleikte surf-hempie en ’n Mr Price-mansonderbroek.

Toe ek regop staan, hoor ek die jillende kinders op die kaai en sien hoe ouers in my rigting beduie. Hulle het ’n halfsekonde gelede nog gedink hulle sien ’n rare doegong raak. “Ag, dis net ’n vrou,” sal Ma of Pa brom, en dan die kroos wegsleep na die naaste koffiewinkel vir ’n sny koek – of hoe ook al somervakansiegangers hulle tyd verwyl op Knysna.

Winter is egter my gunstelingtyd in dié dorp van seeperdjies en skibote. Die strandmeer is dan koud en helderskoon, en die enigste hengelaars is die vroue wat elke dag met handlyne van die hawehoof af visvang. “Is daar vis?” sal hulle my vra wanneer ek verbysnorkel. “Baie, en grotes!” sal ek antwoord.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan