book-icon Uitgawe April-Mei 2023
Deel

Brief uit Namakwaland

akkreditasie
Namakwa- nasionale park. Foto: Galloimages/Gettyimages.com
Namakwa- nasionale park. Foto: Galloimages/Gettyimages.com

Wat dóén ’n mens heeldag, vra mense wanneer hulle hoor ons gaan ’n week lank wild kamp langs die Weskus. En ek praat nie van die “mak” Weskus rondom Langebaan, Velddrif en Dwarskersbos nie, maar doer noord in Namakwaland tussen die Groen- en Spoegrivier in die nasionale park.

Die enigste gerief is ’n (baie netjiese) puttoilet. Verder bring jy alles self: kos, hout, ligte, water, de lot! ’n Vakansie hier is nie soos ander seevakansies nie. Die naaste wat jy byvoorbeeld aan ’n draairoomys gaan kom, is ’n seemeeu se blerts.

En die see is ysig. Trouens, ek dink in die vier jaar wat ons hier vakansie hou, het ek nog nooit geswem nie! Wat laat ons terugkom... sit ek een middag onder die gazebo en wonder. Die dae begin meestal mistig.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan