Verlede Sondagoggend om 9.38 vm. ontvang ek ’n kort boodskappie: Haai, wat doen jy? Groete, Anton.
Ek was nog in die kooi in my slaapkamer vol potplante met Italiaanse operamusiek wat speel. “Ek hoef níks te doen nie,” sê ek saggies vir myself en draai op my linkersy.
Anton is ’n Suid-Afrikaner wat ek ’n paar maande vantevore op die strand hier by die Mole in Swakopmund ontmoet het. Hy is ’n sogenaamde digitale nomade: Iemand wat reis en van sy skootrekenaar af werk.