book-icon Uitgawe Junie 2019
Deel

Elektriese toekomsblik

akkreditasie

Met die meeste Eerstewêreldlande wat die gedagte van elektriese motors aangryp, is dit geen verrassing nie dat voertuigreuse soos Nissan, Toyota en Volvo die voortou neem en tegnologie ontwikkel wat sal sorg dat dié voertuie vroeër eerder as later op Amerikaanse en Europese paaie te sien sal wees.

Hier in sonnige Suid-Afrika wil dit voorkom of dit effens langer gaan neem voor dié droom ’n werklikheid word. Maar een plaaslike maatskappy rus nie op sy louere nie en is gereed om groot vervaardigers soos Tesla die stryd aan te sê.

Die Jolt is nie die eerste elektriese voertuig wat plaaslik vervaardig is nie. Daardie eer behoort aan die Joule. Dié voetuig was sowat 10 jaar gelede op almal se lippe toe die Kaapstadse maatskappy Optimal Energy die elektriese luikruggie met sy vreemde ontwerp ontwikkel en gebou het.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan