Leser vertel: Jou naam deur die modder op Bela-Bela

akkreditasie
Die Landie sit vas by Bela-Bela se dam.
Die Landie sit vas by Bela-Bela se dam.
As jy sports maak om die kinders in die Landie te vermaak, gaan jy soms ’n duur les leer. Soos wanneer jy reg deur die nag moet grawe om weer los te kom, het ’n leser van Springs ontdek.

’n Leser van Springs het so paar jaar gelede op Bela-Bela gaan kuier. Hy en ’n vriend wou die omgewing in sy Landie gaan verken.

By Bela-Bela se dam aangekom, wou hulle ’n agterpad ry. Die vriend het met sy voorwiele tot in die water gery, en onder die kinders se aanmoediging probeer ry ‘dat die water opspat’.

Die gevolg van hierdie blink plan was ’n redelike benarde vassit wat ure lank geduur het. Die Landie het tot op die onderstel vasgeval. Hoe meer hulle probeer uitry het, hoe dieper het die Landie vasgesit.

Spore in die modder
Daar sit die Landie vas

 Die leser se pa moes later ’n graaf bring en die kinders solank huis toe neem.

Toe begin die groot werk... Die twee mans het amper reg deur die nag gegrawe.

 Vroeg die volgende oggend was die Landie ver genoeg uitgegrawe dat ’n barmhartige Samaritaan met ’n Nissan Hardbody die Landie uit die modder kon red.


Die leser het sy verhaal in 2006 aan WegRy gestuur. Hy het nie sy naam gegee nie en sy skrywe só afgesluit: “Ons was baie verlig en dankbaar vir die Hardbody en met moeë en seer lywe het ons uiteindelik teruggegaan huis toe. En ja, ons het ons les geleer.”