Die Schoemans moedig hulle kinders van kleins af aan om selfstandig te dink, en daarom voldoen hulle vandag aan sekere geykte verwagtinge nié.
Jurie reken Helena moet die krediet kry daarvoor, want dit is sy wat hulle nog altyd aangemoedig het om met hulle kreatiwiteit te eksperimenteer.
Die Schoemans se tweede kind, Stefanie – of Dita, soos almal haar noem – het nie net ’n passie vir plantgebaseerde kos nie, maar sy en haar lewensmaat, Jaydon Meidlinger, deel ook ’n belangstelling in klein leefruimtes.