Ek het nog altyd my bedenkinge gehad oor die koms van elektries aangedrewe voertuie.
Hulle bied nie veel in terme van gevoel wanneer jy bestuur nie, en die ergste vir my is die geluid van die uitlaatpyp wat in stereo deur die voertuig se klankstelsel gespeel word.
Dan het ek ook gevind die somme klop nié wanneer ’n mens die wetenskap en feite agter elektriese voertuie van nader bekyk nie.