Ek is ’n Toyota-aanhanger, en beslis nié omdat die vervaardiger opwindende voertuie bou nie. Dis allermins die geval. Vir my gaan dit meer oor die hoë vlakke van betroubaarheid.
En hoewel Toyota nie regtig enigiets doen wat as die beste in sy klas geag kan word nie, doen hy baie selde iets swak of verkeerd. Wat 4x4-bakkies betref, is ek eintlik ’n baie groter aanhanger van die Ford Ranger.
Na my mening kry jy baie meer waarde vir jou geld met ’n Ranger as met ’n Hilux. Die probleem kom egter in met langtermyn-eienaarskap.